Pous Leo XIII

Pous Leo XIII
Geboortenaam Vincenzo Gioacchino Raffaele Luigi Pecci
Pontifikaat begin 20 Februarie 1878
Pontifikaat eindig 20 Julie 1903
Voorganger Pius IX
Opvolger Pius X
Gebore 2 Maart 1810
Carpineto Romano, Italië
Sterf 20 Julie 1903 (93 jaar)
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Leo

Pous Leo XIII (2 Maart 181020 Julie 1903), was die 256ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk, hy regeer van 1878–1903 vir 25 jaar 5 maande en 1 dag. Hy was die oudste pous (regeer tot die ouderdom van 93), en sy pontifikaat was die derde langste, na sy onmiddellike voorganger Pous Pius IX, en Pous Johannes Paulus II.

Hy is bekend vir intellektualisme, die ontwikkeling van die sosiale milieu met sy ensikliek Rerum Novarum en sy pogings om die posisie van die kerk te definieer met betrekking tot moderne denke. Hy het Rooms-Katolieke Mariologie beïnvloed en bevorder beide die Rosekrans en die skapulier. Hy het 'n rekord van elf ensiklieke geskrywe oor die Rosekrans, twee nuwe Maria-skapuliere goedgekeur en was die eerste pous om die konsep van Maria as middelares ten volle te deurgrond.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search